Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

BOX KAMERAS

TUISBLAD TERUG VOU KAMERAS BOX KAMERAS RANGE FINDERS ENKEL LENS REFLEX DONKERKAMER

Die sogenaamde "BOX" kamera is sinoniem met Kodak. In 1900 verskyn die eerste box kamera op die mark. Die kamera is ontwerp deur George Eastman se kamera ontwerper, Frank Brownell. Die kamera is vernoem na strokies karakters wat in die 1890's baie gewild was onder kinders in Amerika. Aangesien die kameras hoofsaaklik op die "kindermark" gerig was, was dit 'n ideale naamkeuse. Die karakters was geskep deur die Kanadese outeur/tekenaar Palmer Cox. Die karaktertjies het die "BROWNIES" geheet. Vandag staan die kameras nog steeds as "Box Brownies" of "Brownies" bekend.

Index
SIX-16 Brownie Junior No.2 Brownie Brownie-E
Brownie-F Brownie Six - 20 Senior Portrait Brownie No.2

 

Die kenmerkende Brownie karaktertjies kan hier geien word in 'n advertensie uit 1900.

brownie.jpg (58482 bytes)

 

My pa was ook 'n ywerige amateur fotograaf. Hierdie SIX-16 Brownie Junior was sy eerste kamera. Ek het nog heelwat fotos wat met hierdie kamera geneem is. Die romp is van karton en aluminium. Die kamera is in 'n goeie werkende toestand.

VERVAARDIG       : 1934 - 1942

FILM                         : 616

LENS                         : MENISCUS

SLUITER                  : ROTARY ENKELSPOED MET 

                                      GLYPLAAT VIR 2 LENS OPENINGE.

PRYS IN 1934           : $ 2.75

____________________________________________________________

browniejonior.jpg (65403 bytes)

Die romp van hierdie No.2 Brownie is van karton en hout gemaak. Die kamera het 57 x 83 mm grootte negatiewe gelewer en het twee reflekteersoekers gehad. Soos wat gesien kan word is die kamera nie in 'n goeie toestand nie maar nogtans heg ek baie waarde daaraan. Die sluiter werk nog.

VERVAARDIG        :   1901 - 1924

FILM                          :   120

LENS                         :   MENISCUS

SLUITER                  :   ROTARY ENKELSPOED MET "B".

PRYS IN 1901          :   $ 2.00

____________________________________________________________

no2brownie.jpg (36005 bytes)

In 1930 is begin om van die duurder model kameras toe te rus met  ingeboude kontakte vir blitse wat natuurlik toe die ou blits poeiers begin vervang het. In 1940 kom die Brownie-E op die mark. Die kamera wat hier afgebeeld word is 'n Brownie-F. Die romp van die kamera is van metaal.

VERVAARDIG        :   1955 - 1957

FILM                          :    620

LENS                         :    MENISCUS  f/11 MET PORTRET LENS

SLUITER                  :    EVERSET ENKELSPOED SLUITER

PRYS IN 1955          :    $ 6.00

____________________________________________________________

brownief.jpg (45516 bytes)

Hierdie No.2 Brownie model F se romp is van aluminium gemaak. Die negatief oppervlak was 57 x 83 mm. Die kamera is in 'n goeie toestand.

VERVAARDIG       :  1924 - 1933

FILM                         :   120

LENS                        :    MENISKUS MET GLYPLAAT MET 

                                        3 LENS OPENINGE.

SLUITER                 :    ROTARY

PRYS IN 1924         :    $ 2.75

____________________________________________________________

brownie2F.jpg (36508 bytes)

Portrait Brownie No.2. Die romp van die kamera is van aluminium. Interessant van die kamera is dat die deksel van die kamera nie 'n skarnier het nie maar die bedekkings materiaal dien as 'n skarnier. Hierdie model was die eerste wat in die nuwe fabriek wat in 1928 in Engeland geopen was, vervaardig was. Hierdie kamera verskil van die standaard model in die opsig dat dit 'n hefboom het wat 'n portret lens voor die standaard lens in swaai vir portret fotografie. Hierdie kamera en die standaard model is van 1928 - 1933 bemark in verskillende kleure nl. rooi, groen, claret, grys, blou en bruin as ook die tradisionele swart.  Die kamera is in 'n goeie toestand.

VERVAARDIG              :   1928 - 1933

FILM                                :    120

LENS                               :

SLUITER                        :     ROTARY

PRYS                               :

____________________________________________________________

2portrait.jpg (42221 bytes)

Brownie Six - 20 Senior. In 1932 is die Brownie reeks herontwerp om die nuwe 620 formaat film te neem wat vroeër daardie jaar deur Kodak ontwerp is. Die film is dieselfde as die120 maar die spoeletjie het verskil. Die film is ontwerp om die nuwe reeks voubare kameras meer kompak te kon maak. Dit was ook gebruik vir die nuwe reeks box kameras wat daardie jaar geloods was. Die kamera het 'n portretfunksie as ook 'n "time" en "inst." sluiter funksie. Die romp is van aluminium en hout. Die kamera is in 'n goeie toestand.

VERVAARDIG            :    1937 - 1939

FILM                              :     620

LENS                              :

SLUITER                      :      ROTARY

PRYS                             :      $30.00

____________________________________________________________