|
| Ek kon geen webwerf opspoor wat handel oor
donkerkamer- en ander toerusting wat voorheen gebruik was nie -
terwyl donkerkamertoerusting tog 'n integrale deel vorm van fotografie.
Ek sal dit dus waardeer indien u my kan help om hierdie blad uit te
brei met inligting wat u moontlik beskikbaar het.
|
 |
Hierdie koevert, soos gesien van binne (regs) en buite (links),
dateer uit 1940 en is afkomstig uit Duitsland. Daar is ook nog 'n glas
negatief in hierdie houer. Die koevert se afmetings is 17 cm
x 12.5 cm. |
 |
Hierdie koevert, soos gesien van binne (regs) en buite (links),
dateer uit ongeveer 1936 tot 1940. Die koevert se
afmetings is 17 cm x 12.5 cm |
 |
Die koevert bevat 35 mm film en dateer vanaf ongeveer
1955. |
 |
In 1971 het ek
hierdie 35mm koevert gebruik om negatiewe in te stoor. |
 |
Die koevert is vermoedelik vanuit die laat 40's en die
afmetings is 19 cm x 14 cm. |
 |
'n Gewone koevert, 9 x 15 cm groot dateer uit 1953. |
 |
Hierdie Leica
koevert van April 1940 is deur my pa gebruik. Dit is
vir 35 mm negatiewe. |
 |
Die prentjie van die
kamera aan die binnekant van hierdie koevert is van 'n Voigtländer
Bessavan, 1935. Dit is dus redelik seker dat die koevert ook uit
dieselfde jaar is. Die koevert is cm x cm groot. |
 |
Hierdie is twee
tenks om negatiewe in te ontwikkel. Die groter tenk is vir 4x5 dm-negatiewe
en die kleiner een vir 6x7 cm negatiewe. Die tenks is van bakeliet
gemaak en die negatief rakkies van vlekvrye staal. Die houers is
ongeveer 45 jaar
oud. |
 |
Ek het baie
sentiment aan diè 35 mm ontwikkelingstenk. My moeder het dit sowat 4
jaar gelede aan my gegee as kersgeskenk. . Soos u op die foto kan sien
is die handleiding ook nog saam met die stel. Ek vermoed dat die item
uit die vroeg 50's dateer. |
 |
Die prys wat op die
houer van hierdie Agfa Rondinax 350 ontwikkelingstenk aangedui word is
R16,00! Die tenk dateer uit die begin van die sestigerjare en is
nog splinternuut. Hierdie tenk is 'n totale
ontwikkelingsisteem met sy spiraaltol, ingeboude termometer en 'n lem om
die film mee af te sny daarin. |
 |
Spot O Matic. Met hierdie toestel is die beligtingstyd vir swart en
wit papier bepaal. Ek vermoed dat dit uit die middel sestigs dateer. Dit
is nog in die oorspronklike verpakking en die gebruiksaanwysings is ook
daarby. Die toestel is in Amerika vervaardig. |
 |
Paterson focus finder. Ek het hierdie apparaat in 1969 gekoop. Dit
word in die ligbaan van die vergroter geplaas en vergemaklik die fokus
van die beeld deurdat jou kop nie in die ligbaan hoef te kom nie. |
|
 |
Hierdie apparaat word aan die rant
van 'n tafel vas geklamp. Die 35mm film spoeletjie word vasgedruk deur
die skroefie aan die linkerkant en deur die slinger regs te draai word
die film op die spoel gedraai. Dit alles geskied natuurlik in die
donker. |
|
 |
Ek vermoed dat hierdie snyer uit 1930 dateer. Die foto
word op die boonste vlak geplaas teen die rant aan die linker kant. Deur
dan afwaarts met jou hand te druk wordgesny. Daar is
hoegenaamd geen gevaar om jouself raak te sny nie! |
|