Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

ENKEL LENS REFLEX

TUISBLAD TERUG VOU KAMERAS BOX KAMERAS RANGE FINDERS ENKEL LENS REFLEX DONKERKAMER

'n Enkel-lens reflexkamera is 'n kamera met een lens wat gebruik word vir die neem van die foto as ook om deur te kyk vir die komposisie asook om te fokus. Oor die algemeen is die lense van hierdie kameras ook omruilbaar. Ek het eers sowat  drie jaar gelede die eerste enkel-lens reflekskamera vir my versameling ontvang. Ek vermoed maar dat die rede is dat enkel-lens reflekskameras heelwat later  as Rangefinders en Box kameras gewild geword het.

 

Ek vermoed dat hierdie kamera een van die laaste Kodak Retina's was wat ongeveer in 1966 vervaardig was. Ongelukkig werk die kamera nie meer nie maar dit is altyd goed om 'n mooi voorbeeld te hê om te  weet hoe die kamera gelyk het.

VERVAARDIGER:  KODAK

FILM: 35 mm

JAAR:  Vermoedelik  1966

LENS : f2.0   50mm SCHNEIDER-KREUZNACH

'n Buurman van my het 'n paar jaar gelede die kamera vir my gegee sodat ek moet kyk of daar 'n fout met die kamera is. Ek het nooit gekyk nie en hy het intussen getrek. Indien hy nou weer vir die kamera sou kom vra  - is ek maar net 'n kamera armer...

VERVAARDIGER: MINOLTA

MODEL: XG 2

JAAR: Vermoedelik  1980

LENS: MD ROKKOR 45mm 1:2

TUISBLAD ] GALLERY ] GESKIEDENIS ] KAMERAS ] OU BOEKE ]