Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

 GEORGE EASTMAN

TUISBLAD GEORGE EASTMAN PALMER COX LIEVEN GEVAERT FRANK BROWNELL HUGH EXTON I.D. KIEK

      George Eastman is na my beskeie mening die persoon in die geskiedenis van fotografie wat sekerlik die meeste gedoen het om fotografie vir die man in die straat meer bereikbaar te maak. Sy konstante soeke na oplossings vir fotografiese vraagstukke in sy tyd en die oplossings wat hy daarvoor gekry het is tot vandag toe nog 'n impak op ons lewens.   Hy was o.a. verantwoordelik vir die daarstelling van die bokskamera en selulose rolfilm.

     Eastman is in 1854 gebore. Hy is nooit getroud nie.  In 1877, terwyl Eastman as klerk werksaam was by die "Rochester Savings Bank" in New York, begin hy in fotografie belangstel .   Hy het die diens van die bank verlaat en so is die firma "KODAK" gebore.    Hy was ook een van die groot  filantrope van sy tyd en een van die mees gemaklike mense om mee oor die weg te kom.    Hy het meer as 'n 100 miljoen dollar aan liefdadigheid geskenk.                                                                                                                                                       Hy het aan 'n ongeneeslike siekte gely en het  op 14 Maart 1932 sy eie lewe geneem.    Tot vandag toe weet niemand waar hy begrawe is nie.  Die nota wat hy nagelaat het, het gelees:   "I have done it all, why wait." 

 

Hierdie foto van George Eastman is in 1890 in Europa geneem.  
 
TUISBLAD ] GALLERY ] GESKIEDENIS ] KAMERAS ] OU BOEKE ]