Exton se ouers het na Bloemfontein verhuis en dit is ook hier
waar hy sy eerste betrekking by die "Board of Executers " beklee. In
Bloemfontein begin hy alreeds belangstel in fotografie en skryf hy soos volg,
" I should mention that while in Bloemfontein I had become quite a good
amateur photographer. My camera proved to be of great service to me and altered
the whole tenor of my life."
Saam met twee vriende , 'n Fransman en 'n mnr. Gibb, vertrek hy
in 1886 om te gaan prospekteer vir goud in die Waterberg-distrik. Van
prospekteer het daar nie veel gekom nie en Exton wou ook nie weer terug keer na
Bloemfontein nie.
Dit wil voorkom of die lewe op daardie tydstip maar redelik saai
was vir Exton. "As there seemed nothing to be done at the moment and
wanting to be up and doing I bethought me of my camera." Hy nader die
eienaar van die enigste winkel en vra hom of hy fotos van sy winkel mag neem. 'n
Bekende sakeman van Pietersburg sien hom net hierna met sy kameras en versoek
Exton om 'n foto van hom en die twee dames by hom te neem. "I was thus
launched on my photographic career and I never regretted it."
Hierna het hy sy fotografiese besigheid in Pietersburg begin.