Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

KAMERAS

TUISBLAD VOU KAMERAS BOX KAMERAS RANGE FINDERS ENKEL LENS REFLEX DONKERKAMER

Die fotos van fotografiese toerusting op hierdie webblad is van my eie versameling. Ek wil graag alle persone bedank wat bygedra het om die versameling te maak wat dit is.

Daar word algemeen aanvaar dat fotografie in 1826 begin het toe Joseph Nicephore Niepce daardie geskiedkundige foto geneem het van sy huis se agterplaas, maar dinge het al so ietwat vroeër as dit begin. 

DIE KAMERA OBSKURA (DONKERKAMER)

Gedurende die 11de eeu het Arabiese filosoof-wetenskaplikes hulself al vermaak met kamera obskuras wat uit tente gemaak is. In die laat 15de eeu beskryf Leonardo da Vinci hierdie "donkerkamer" in  detail. Een van da Vinci se volksgenote, Giovanni Battista della Porta, raak toe ook gedurende die 16de eeu baie geïnteresseerd in die kamera obskura. Della Porta het ook spoedig sy eie kamera obskura gehad en begin eksperimenteer met lense om sò 'n meer gefokusde beeld te kry. Sy sukses noop hom toe om 'n klompie vriende oor te nooi vir 'n vertoning. Buite die vertrek het della Porta akteurs gehad wat 'n toneeltjie sou opvoer wat dan binne die vertrek teen die muur sou verskyn. Almal het gaan sit en della Porta het die lensdop verwyder, pandenomium het los gebars. Die mense het die vertrek uit gebars, die klein dansende figuurtjies teen die muur was vir hulle onverklaarbaar en duiwels. Die arme man is toe ook nie lank daar na aangekla van heksery en hy moes teen wil en dank homself uit die voete maak en het sy land verlaat.

 

'n Duitse monnik, Johann Zahn ontwerp in dieselfde tyd die eerste werklik draagbare kamera obskura. Zahn se kamer was 'n houtkas, ongeveer 25 cm hoog en 60 cm lank. Dit het nie net 'n beweegbare lens gehad om die beeld mee te fokus nie maar ook 'n verstelbare lensopening. 'n Spieël is gebruik om die beeld wat in die kamera in gekom het na bo te reflekteer waar dit dan afgeteken is op deurskynende papier. Die kamera het dus in prinsiep soos die moderne enkel lens reflex kamera gewerk!

Dit is dan ook met 'n kamera obskura dat Niepce sy eerste werklike foto neem.

 Kliek op die foto vir 'n groter beeld.

1efoto.jpg (61571 bytes)

 

TUISBLAD ]