Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

GALLERY 2

TUISBLAD GALLERY 2 GALLERY 3

Photography is a magic act - a little black box that can trap people and wild animals, strange places and well loved ones and bring them all back home. It is a trick that never ceases to delight the audience, the magician most of all. After seeing it done for the first time in 1839, the English astronomer and chemist  Sir John Herschel could barely believe his eyes. "It is a miracle," he said. Time Life

Kliek op die fotos vir 'n groter beeld. As die fotos lank neem om af te laai vra ek om verskoning maar ter wille van 'n goeie beeld is sommige leërs redelik groot.

Ek en daizies kom lank saam. Dit is nie net 'n blom wat maklik gekweek word nie, maar dit is ook so ewiglik dankbaar vir die klein bietjie aandag wat daaraan gegee word. Die blommeprag beloning duur dan ook vir weke, mens voel later so half skaam dat jy so baie van die lewe verwag en so min terug gee.    Die blom is direk geskandeer en nie eers gefotografeer nie.  Geen kamera van enige aard is dus gebruik nie.

Daizy2.jpg (23640 bytes)

In the hands of a perceptive person, the camera possesses a unique power: It is a matchless recorder of moments, of people and of places; it can reproduce the past with a fidelity no other medium can match. Time Life

 

Die see het nog nooit vir my daardie bekoring ingehou waar  ek gevoel het ek kan boeke skryf nie (sou ek kon).  Maar toe ek die foto geneem het was ek vêr van my gesin en het ek baie na hulle verlang.  Ek het die negatiewe "gebêre" en sowat twee jaar later weer ontdek. Die foto is vir my so somber soos ek daardie dag gevoel het.  Geneem by Knysna en met Photoshop  verwerk vanaf 'n konvensionele s/w foto.

       HEADS.jpg (71667 bytes)

From the moment it was invented, photography was accepted by most people for what it is: an unparalleled recording medium. But some photographers soon realized that if it were to win a place among the arts, it's images had to go beyond mere record keeping - that photographs had to be beautiful and expressive in themselves.  Time Life

 

Die manne het die hele dag "vis gevang" en is leë hande terug huis toe, seker met 'n klomp stories ook.  Fotos van die see is altyd eers later regtig mooi.  Die foto is vir my soos wat vriendskap moet wees, wyd, saam en sonder komplikasies. Kleur is nie belangrik nie, swart en wit hou die vriendskap meer vas, die vriendskap het nou atmosfeer.          visvang.jpg (74475 bytes)

     The production of the perfect picture is an art; the production of a perfect negative is a science. Hurter and Driffield.

 

Karre, ou karre. Oupa het van 'n "kar" gepraat.  "Motor" is wat jy die goed noem wat vandag gemaak word en wat herwinbaar is en weer vir kosblikkies  (wat herwinbaar is) gebruik word. Herwinbaar beteken eintlik dit kan nie weer reg gemaak word nie. Die KAR gaan oor so twee jaar weer ry, dan neem ek weer 'n foto, waar die son heeltemaal op hom skyn.        RENAULT01.jpg (28804 bytes)

Because few photographers now make up their own developers and fixers, a knowledge of the principles of development and fixation of photographic materials is less important than it once was. However, there remain many ways in which the quality of negatives or prints can be adversely influenced in processing. The photographer or printer who understands something of the principles involved is less likely to make or repeat mistakes than one who does not. Jack H Coot.

Hierdie bus staan so 'n 100 meter van die pad af, daar in die Karoo net buite Riversdal.  Dan is daar nog mense wat sê daar is niks mooi in die Karoo nie.  Die windpomp in die agtergrond laat my dink dat dit nie water probleme was wat diè ou grote hier laat staan het nie  -  net so in die vlakte. As jy so saam met diè ou daar in die veld is verbeel jy jou jy hoor die stemme van kinders wat eenkant speel en wat nie kan wag dat die rit see toe verder aangepak kan word nie. Die verlatenheid is vir my die volwassenes wat weet, nou begin die gesukkel  - en ek  wonder of die kinders toe ooit die see gesien het.

 

bus02.jpg (79357 bytes)

 

Hierdie foto is soos ek my ouers sien.  Helder in 'n soms donker wêreld, nie heeltemal so volmaak nie, maar dit wat ek eendag sal wil wees - as ek sou raaksien wanneer my Skepper vir my dieselfde krag, moed en wysheid as vir hulle sou gee.

  blom2.jpg (47021 bytes)

 

photo 2b.jpg (94578 bytes)

Dawn.jpg (34384 bytes)

eric.jpg (44779 bytes)

500trou02.jpg (47633 bytes)

boot.jpg (108502 bytes)

 

 

windpomp.jpg (41839 bytes)

BRASS.jpg (43530 bytes)

DAIZY.jpg (45804 bytes)

 

boot.jpg (108502 bytes)

mix01.jpg (65454 bytes)

SAMPI2.jpg (32557 bytes)

Lake.jpg (40008 bytes)

TROU11.jpg (37664 bytes)

rally.jpg (291209 bytes)

Tomatoe.jpg (27912 bytes)

mushrooms3.jpg (44447 bytes)

 
vang.jpg (36318 bytes)  

 spr.jpg (44862 bytes)

  

 mis.jpg (21772 bytes)

 
 

 

 

 
TUISBLAD ] GALLERY ] GESKIEDENIS ] KAMERAS ] OU BOEKE ]