|
Om fotografiese kennis op te doen is 'n aaneenlopende proses wat nooit kan
eindig nie, aangesien die fotografiese beginsels en prosesse konstant aan die
verander is. Maar jy kan nie al die moderne tegnieke ken en
toepas as jy nie die basiese beginsels van fotografie soos wat dit oor die jare
heen bestaan ken en verstaan nie. Fotos begin nie by die druk van
die knoppie van die kamera nie - dit begin in jou kop, dit word daar geskep.
Kliek op die fotos vir 'n groter beeld.
|
Sommige fotos wat met die elektron mikroskoop geneem word
het foute op. Daar mag steurings gedurende die neem van die foto voorgekom
het wat strepe van oneweredige dikte oor die foto veroorsaak. Omdat
die onderwerpe wat gefotografeer word ook so besonder klein is mag daar
ook ongewenste materiaal daaraan sit wat verwarrend mag wees op die
finale afdruk. Foto A is die oorspronklike en B die kopie
wat met die rekenaar gemanipuleer is. Die foto is nie deur my geneem nie
maar wel digitaal verwerk.
|

|
| Ek
neem op 'n gereelde basis "nuwe" fotos in die akademiese
departemente van die Universiteit. Na sowat dertien jaar gaan dit
redelik bars om 'n onderwerp wat dieselfde gebly het op 'n ander manier
te fotografeer sodat die beeld van die instansie so interresant en
aanloklik uitgedra kan word. Ek moet erken dat die rekenaar die liggie
in die grysstof weer so 'n bietjie helderder laat brand by tye. |

|
| Hierdie
en die vorige foto is met 'n Canon T90 kamera
geneem en daarna digitaal verwerk. Die film en fotos word in die afdeling ontwikkel en afgedruk.
Die fotos word geskandeer en op kompak skywe gestoor vir latere
gebruik. Ek word deur die Universiteit toegelaat om my eie oordeel te
gebruik oor hoe fotos geneem moet word. Ek het vrye teuels om oor die
hele kampus fotos te neem soos en wanneer dit mag nodig wees, daar
moet net gereeld nuwe materiaal beskikbaar wees. Hierdie foto is
geneem in die gemeenskapsradio ateljee van die Universiteit, algemeen
bekend as "Radio Turf". |

|
| Hierdie foto word tans op die
webblad
van die Universiteit gebruik. Die foto bestaan uit sewe afsonderlike
beelde. Die embleem links bo het ek ook bietjie verwerk om dit 'n
drie dimensionele voorkoms te gee. Ek het verwag dat daar teenstand sou
wees oor die verandering maar tot nou is nog geen negatiewe kommentaar
ontvang nie - inteendeel, dit word nou algemeen deur almal gebruik! |
|
 |
| Nog 'n digitale verwerking wat hopelik gedurende 2003 deur
die Bestuur van die Universiteit gebruik sal word vir promosie-doeleindes. |
 |
| Hierdie foto is 'n 180 grade beeld van die kampus en
bestaan uit 20 fotos wat digitaal gelas is! Die foto is
suksesvol gebruik in advertensies in glans publikasies. |
 |
| Nog 'n foto wat gedurende 2002 in publikasies gebruik is.
|
 |
|