
Fotografie en die versamel van alles wat moontlik aan fotografie verbind kan
word is 'n soos 'n dwelm vir my. Dit verbaas my telkens hoe min vandag se
fotograwe oor die geskiedenis van fotografie weet, om nie eers te praat van die beoefening
van die
ou prosesse nie. Fotografie kan volgens my as een van die wonders van die beskawing
beskou word. Het u al ooit gedink hoe ons lewe vandag sou lyk as fotografie nie
ontdek was nie? Stel u die Internet voor sonder fotos, ondenkbaar!
My fotografiese ervaring het in 1968 begin toe ek gesien het hoe 'n
vriend 'n kontak
afdruk uit 'n boek gemaak het. Dadelik het ek het die ou buite toilet (darem
toe al in onbruik...) in 'n donkerkamer
omskep en ook kontak afdrukke begin maak. Spoedig het ek my eerste vergroter en
kamera gehad en het ek alles wat beweeg het afgeneem.
Na skool het ek
in die Staatsdiens begin werk as klerk en vir elke moontlike fotografiese pos
aansoek gedoen. In 1974 was ek suksesvol en het ek by die H.F. Verwoerd
hospitaal as Donkerkamer Tegnikus begin werk en gevorder tot Senior
Fotograaf.
Gedurende 1978 verhuis ek en my vrou, Annatjie, na Bloemfontein, waar ek by die Universitas Hospitaal begin
werk - weereens as Donkerkamer Tegnikus.
Vanaf Augustus 1980 tot Januarie 1988 was ek werksaam by die Universiteit van
die Oranje-Vrystaat, nadat hulle my 'n aanbod gemaak het om as Fotograaf aldaar te
werk.
Hier doen ek o.a. ook ondervinding op in video-
en klankredigering envoltooi 'n video kursus by die SAUK. By
UOVS was ek bevoorreg om onder die bekwame leiding van Danie Roux die meeste oor
fotografie te leer ooit. Die beste raad wat hy my gegee het was om
alles wat ek in die hande kon kry oor die onderwerp te lees. Dit doen ek
getrou tot vandag nog.
Sedert 1988 is ek werksaam by die Universiteit van die
Noorde in die Noordelike Provinsie as Hoof Fotograaf.
In my werk as 'n Koöperatiewe Fotograaf by 'n tersiëre instelling moet
ek enige iets van joernalistieke- tot wetenskapsfotografie kan hanteer,
waar konvensionele sowel as digitale fotografie 'n ewe belangrike rol speel.
Die omvang en verskeidenheid wat beide mediums noop my om gereeld
navorsing te doen en toe te sien dat ek op hoogte bly van die nuutse
produkte en ontwikkelings. Dit stel my in staat om alle fotografiese
uitdagings te kan hanteer en te weet waar om na oplossings te gaan soek. In
kort, geen fotograaf wat sy sout
werd is moet wag om geleer te
word nie, hy of sy moet self gaan leer en weet waar om wat oor elke faset van
fotografie te kry.
Die ander groot passie in my lewe is my twee Fiat's.
Ek het ook my eie web-ruimte vir die twee.
Klik hier en kontak my
asseblief - ek waardeer kommunikasie oor alle vorms van fotografie.