 | My Skepper. Dit is Hy wat die mense op jou pad bring wat 'n verskil
gaan maak aan wat en wie jy gaan wees, mits jy die geleenthede wat Hy
op jou pad lê raaksien en gebruik . |
 | George Eastman. Hy het die moed en durf gehad om sy drome te
verwesenlik met sy breinkind Kodak. |
 | My Pa, Robert Sandrock. Hy het my geleer dat self probeer die beste
leermeester is. |
 | Hugh Exton. Waarskynlik die Suid-Afrikaanse fotograaf van die
vorige eeu wat die meeste misken is in die moderne tyd, veràl in
Pietersburg waar hy gewoon en gewerk het. Sy buitengewone talent en
kreatiewe skeppingsvermoë is duidelik te bespeur in die 21 000 000 glas
negatiewe wat hy nagelaat het - selfs gemeet teen hedendaagse standaarde! |
 | My gesin. Wat my fotografie betref: As hulle nie daarvan hou nie
sal niemand nie, as hulle daarvan hou is dit al wat tel. |
...en bied dit met genoegdoening aan u - die kyker.
04 May, 2002

Fotografie en die versamel van alles wat moontlik aan fotografie
verbind kan word is 'n soos 'n dwelm vir my. Dit verbaas my telkens hoe
min vandag se fotograwe oor die geskiedenis van fotografie weet, om nie
eers te praat van die beoefening van die ou prosesse nie.
Fotografie kan volgens my as een van die wonders van die beskawing beskou
word. Het u al ooit gedink hoe ons lewe vandag sou lyk as fotografie nie
ontdek was nie? Stel u die Internet voor sonder fotos, ondenkbaar!
My fotografiese ervaring het in 1968 begin toe ek gesien het hoe
'n vriend 'n kontak afdruk uit 'n boek gemaak het. Dadelik het ek
het die ou buite toilet (darem toe al in onbruik...) in 'n donkerkamer
omskep en ook kontak afdrukke begin maak. Spoedig het ek my eerste
vergroter en kamera gehad en het ek alles wat beweeg het afgeneem.
Na skool het ek in die Staatsdiens begin werk as klerk en vir elke
moontlike fotografiese pos aansoek gedoen. In 1974 was ek suksesvol
en het ek by die H.F. Verwoerd hospitaal as Donkerkamer
Tegnikus begin werk en gevorder tot Senior Fotograaf.
Gedure78 verhuis ek en my vrou, Annatjie, na
Bloemfontein, waar ek by die Universitas Hospitaal begin werk - weereens
as Donkerkamer Tegnikus.
Vanaf Augustus 1980 tot Januarie 1988 was ek werksaam by die
Universiteit van die Oranje-Vrystaat, nadat hulle my 'n aanbod gemaak het
om as Fotograaf aldaar te werk. Hier doen ek o.a. ook
ondervinding op in video- en klankredigering en voltooi 'n video
kursus by die SAUK. By UOVS was ek bevoorreg om onder die
bekwame leiding van Danie Roux die meeste oor fotografie te leer
ooit. Die beste raad wat hy my gegee het was om alles wat ek
in die hande kon kry oor die onderwerp te lees. Dit doen ek getrou
tot vandag nog.
Sedert 1988 is ek werksaam by die Universiteit van die
Noorde in die Noordelike Provinsie as Hoof Fotograaf.
In my werk as 'n Koöperatiewe Fotograaf by 'n tersiëre instelling
moet ek enige iets van joernalistieke- tot wetenskapsfotografie kan
hanteer, waar konvensionele sowel as digitale fotografie 'n ewe belangrike
rol speel. Die omvang en verskeidenheid van beide mediums noop
my om gereeld navorsing te doen en toe te sien dat ek op
hoogte bly van die nuutse produkte en ontwikkelings. Dit stel
my in staat om die fotografiese uitdagings te kan hanteer en te
weet waar om na oplossings te gaan soek indien nodig. In kort, geen fotograaf wat sy
sout werd is moet wag om geleer te word nie, hy of sy moet
self gaan leer en weet waar om inligting oor elke faset van fotografie te kry.
Die ander groot passie in my lewe is my twee Fiat's.
Ek het ook my eie webruimte vir die twee.
Kliek hier en kontak my asseblief - ek waardeer kommunikasie
oor alle vorms van fotografie.