Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

OU BOEKE

GALLERY GESKIEDENIS KAMERAS OU BOEKE

 

 

INDEKS

 

                

                

 

Soos op die foto gesien kan word dateer hierdie boek uit 1933.   Volgens my mening is die boek in 'n goeie toestand. Dit is 'n waardevolle bron vir die datering van toerusting. 'n Vriend van my het hierdie boek op 'n veiling opgespoor, dit vir R1.00 gekoop en aan my geskenk.
       

 

Die boek dateer uit 1945. Dit is in Junie van daardie jaar aan my vader as geskenk gegee. Dit maak die boek nog meer waardevol vir my.
    

 

1958 is die datum waarin die boek herdruk was. Hierdie boek was ook op die bogenoemde veiling vir R1.00 gekoop.
                          Die boek is in 1956 gepubliseer. Die buiteblad is bietjie beskadig maar die inhoud is in 'n goeie toestand.
                          In 1971 het my vader en moeder hierdie boek aan as geskenk gegee. Dit het bietjie water skade gehad maar vir die res is dit in 'n goeie toestand. Hierdie boek se stofomslag is beskadig en daarom is daar geen foto van die buiteblad nie.  
               Hierdie boek is in 1959 gepubliseer en is in 'n goeie toestand. Sommige van die formules is vandag nog die moeite werd om mee te eksperimenteer. Een van die formules vir ontwikkelaar wat in die boek verskyn maak gebruik van suiker. Jare gelede het ons hierdie formule by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat gebruik. Die Universiteit het egter aan die begin geweier om die suiker amptelik aan te koop want hulle het geglo ons gebruik dit vir ons koffie!