| Hierdie kamera se lens is veerbelaai en deur dit ietwat na
regs te draai beweeg dit dan na 'n verlengde posisie gereed om 'n foto te
neem. Die blits wat saam met die kamera is vou op en pas dan in sy eie
reflektor. Binne in die kamera is daar 'n battery van 22.5 volt. Na al die
jare het die battery nog nie enige suur verloor nie. VERVAARDIGER: AGFA
JAAR: ONGEVEER 1950
FILM: 120
MODEL: ISOLA
LENS: AGFA AGNAR 1:6.3 / 75 VASTE FOKUS B, 30,100
BLITS: AGFA 17 DIN-32ASA EFFEKTIEF VAN 1,6 TOT 5 METER. |
 |
| My broer het die kamera in ongeveer 1963, toe ons
in Rustenburg gebly het, gekoop. Dit is duidelik dat die kamera baie gewerk het op
sy dag. Daar is ook verskeie kere met 'n fiets geval terwyl die kamera om sy
nek was. Nieteenstaande alles is die kamera nog in 'n werkende toestand.
Interessant is dat die kamera 'n verstelling het vir swart en wit films en
vir kleur. Ek kry nog heelwat mense wat wil weet of 'n spesifieke kamera
swart en wit en kleurfotos kan neem, dit kom seker maar van kameras soos
die. Die onderste beeld is van 'n bladsy uit 'n foto album van fotos wat met
hierdie kamera geneem was. Die linker boonste foto is van my met 'n rok aan
en 'n "pruik" gemaak van versnipperde materiaal. Die foto was geneem toe ek
so 8 jaar oud was meen ek. Die onskuldige seuntjie op die ander fotos is ook
van my.
VERVAARDIGER: KODAK
JAAR: 1963
FILM: 127
MODEL: BROWNIE STARMITE
OORPRONKLIKE PRYS: $10.50 |

 |
| Soms kry ek kameras uit die mees onverwagte oord. Hierdie
kamera het ek by oom Frik Nel, die Verkeershoof van Pietersburg gekry.Die kamera is in 'n puik toestand.
Hierdie model kamera was in vier kleure beskikbaar, nl. swart, rooi, wit en blou. Elke
kleur is gedurende verskillende jare gemaak. Rooi - 1958 - 1960; Wit- 1958 -
1960; Blou- 1958 - 1962.
VERVAARDIGER:
KODAK
JAAR: 1957 - 1965
FILM: 127
MODEL: BROWNIE STARFLASH
PRYS: $8.50
|
 |
| 'n Nuwer weergawe van die kamera hierbo. Hier het Kodak al
die verstellings onder aan die kamera verander na "flash"en "daylight".
Die kamera werk nog. VERVAARDIGER: KODAK
JAAR: 1962 TOT 1967
FILM: 127
MODEL: BROWNIE STARMITE II
OORSPRONKLIKE PRYS: $12.00 |
 |
| Die romp van die kamera is vervaardig uit bakeliet, die
voorloper van plastiek. Die kamera word oopgemaak deur die linkerknip wat
die kameraband hou na onder te druk. Die romp bestaan uit twee helftes. Die
kamera is in 'n puik toestand en werk nog. VERVAARDIGER: KODAK
JAAR: 1953 TOT 1962
FILM: 127
MODEL: BROWNIE HOLIDAY
OORSPRONKLIKE PRYS: $5.00 |
 |
| Die Olympus - Pen was 'n half raam kamera. Die kamera
kon twee beligtings neem oor dieselfde area wat deur 'n standaard 35mm
kamera gebruik word. Met hierdie kamera kon die fotograaf dus 72 beligtings
neem op 'n standaard 36 beligting 35mm film. Om 'n horisontale foto te neem
moes die kamera dus vertikaal gedraai word en anders om. Die ring om
die buiterand van die lens is 'n fotosel wat die hoeveelheid son lig meet en
dan deur 'n elektriese stroom wat opgewek word die lens opening stel. Die
kamera werk ongelukkig nie meer nie, maar ek voel gelukkig om 'n voorbeeld te
hê.
VERVAARDIGER: OLYMPUS
JAAR: 1960
FILM: 35mm
MODEL: OLYMPUS -PEN
OORPRONKLIKE PRYS: |
 |
| Die Olympus Trip 35 dateer na die boonste kamera en is
vermoedelik van om en by 1970. Die Kamera is een van 3 wat ek
het en is in 'n puik, werkende toestand. Ek het egter nog nooit fotos
met die betrokke kamera geneem nie. VERVAARDIGER: OLYMPUS
JAAR: 1970
FILM: 35 mm.
MODEL: TRIP 35
OORSPRONKLIKE PRYS: |
 |