| Hierdie kamera is 'n Thornton-Picard Tripple Extension Imperial
kamera wat dateer uit 1908. Dit is gemaak uit hout en brons. Die
voorste en agterste panele is apart gekoppel aan die basis. Beide panele
kan met 'n ratstel verskuif word om die blaasbalk tot 3x die normale
lengte te verleng. Die voorste en agterste panele kan ook afsonderlik
verstel word. Die sluiter is van lap. Sluiterspoed wissel van 1/15,
1/25, 1/40, 1/60 en 1/80. Die sluiter en spoed word gespan deur 'n veer
in die meganisme op te wen met 'n toutjie wat getrek word. Die lens is 'n Cooke 8½x 6½ lens.
Die kamera is in 'n puik werkende toestand. Dit het ook nog
sy eie hout driepoot, oorspronklike seiltas en glas negatiefhouers -
alles in perfekte toestand. 'n Kenmerk van voubare plaatkameras is dat
die grondglas agter in die kamera se hoeke weggesny is. Dit is gedoen
om te verhoed dat druk in die blaasbalk opbou wanneer die kamera
toegemaak word. |
 |
| Die No.3 Autographic Kodak kamera dateer uit 1919. Die romp is
van hout, oorgetrek met 'n dik papier wat dit dan 'n leervoorkoms
gee. Die rugstuk en deksel is van aluminium. Dit het 'n spesiale rol
film geneem wat 'n dun papier soos deurslag papier tussen die agtergrond
papier en film gehad het. Deur middel van 'n deurtjie in die rugstuk en
'n metaalpennetjie kon daar dan kort "notas" op die negatief
gemaak word. Die druk van die pennetjie het die deurslag toegelaat om
lig deur te laat wat die "nota" dan permanent op die negatief
gemaak het. Die kamera is in 1919 deur die personeel van die
N.I.Eskompto Mij., Soerabia, aan my Grootvader, T.C. Sandrock geskenk.
Vervaardig
1914 - 1926
Film
118 Authographic film
Lens
Kodak Anastigmat f7.7 - f45
B/T 25 - 100ste/sek
Oorspronklike prys $41.50
|
 |
| Hierdie Certo Folding Plate kamera is in Dresden Duitsland,
vervaardig. Die romp is van aluminium en dit kan 4x5 plaat film neem. Ek
het hierdie kamera by mnr J. van Vuuren in Bloemfontein gekry. Die
kamera is in 'n puik werkende toestand.
Vervaardig
± 1920
Film
4x5 plaat
Lens
Schneider & Co Kreuznach f4.5 - f36
|
 |
| Die Ensignett kamera
wat dateer uit 1909 was baie populêr. Die kamera kon sonder moeite baie
kompak opgevou word. Die kamera was baie meer kompak as enige vorige
kamera vanuit die selfde era. Die kamera is vervaardig deur Houghtons, Ltd.
in London. Die soeker (viewfinder) kon verstel word vir
vertikale sowel as horisontale fotos. Die romp is van metaal. Onder die
lens is 'n glyskaal om die fokus te stel van 5 vt tot oneindig. Die
kamera is in 'n redelike toestand en werk nog.
Vervaardig
± 1910
Film
127
Lens
Valos Anastigmat Ensign Simplex f 7.7-32
Sluiter
Vermoedelik "ball bearing"
|
 |
| Hierdie Kodak Jiffy
het 'n baie interessante geskiedenis. Dit het oorspronklik aan John
Martin behoort. Oom John is baie bekend in Pietersburg. Gedurende die
Tweede Wêreld Oorlog het hy in Noord-Afrika geveg en hierdie
kamera het hy oral saam met hom geneem. Die kamera is van bakeliet
gemaak en is in 'n absoluut puik toestand. Daar is ook nog 'n film in
die kamera wat klaar geneem is. Die leertassie is ook oorspronklik.
Vervaardig
1936
Film
127
|
 |
|
Vest Pocket Camera. Soos op die foto gesien kan word het die
kamera 'n deksel agter wat daarop dui dat dit oor die authographic
eienskap beskik. Hierdie eienskap is eers in 1915 op hierdie model aangebring. Opgevou is die afmetings van die kamera 25x61x121 mm. Die
kamera het 'n enkel verstelbare soeker gehad. Hierdie reeks is in
1926 gestaak. Van 1912 tot 1926 is daar 2 000 000 van hierdie kameras
verkoop. Die foto grootte was 41x64 mm
Vervaardig
1925 - 1934
Film
127
Lens
Meniscus achromat
Sluiter
Kodak Ball Bearing
Oorspronklike prys $7.50
|
 |
|
Kodak Sterling II. Hierdie kamera is
ook in Engeland vervaardig. In die deksel van die kamera is daar 'n
plakker wat waarsku dat 120 film nie daarin gebruik kan word nie.
Vervaardig
Film 620
Lens Anston
105 mm f4.5 fokusbaar
Sluiter Pronto
B - 200
Oorspronklike prys
|
 |
|
Six - 20 "KODAK" Model C. Die kamera is een van die modelle
wat in Engeland vervaardig was. Die kamera het 'n soeker op die
lens en ook een op die romp. Hierdie kamera is in 'n puik toestand.
Vervaardig
1935
Film
620
Lens
Kodak Anastigmat 105 mm lens nr. 000
Sluiter
Kodak Compur vervaardig in Duitsland.
Sluiter spoed T -
250, f4,5 - 32
Oorspronklike prys $38.00
|
 |
|
Voigtländer Vito II. Aan die binnekant van
die filmdeksel is daar 'n plakkertjie waarop daar geskryf is "Foto Haas
Frankfurt/M Steinweg 12 tel. 91187". Daar is ook 'n afdruk van 'n haas
wat hardloop op. Die leer tassie is in 'n goeie toestand.
Vervaardig
Film
35 mm
Lens
Voigtländer Color-skopar 1:3,5/50 fokusbaar
Sluiter Prontor-S
Oorspronklike prys
|
 |
| Agfa Isolette. Die kamera is nog in 'n
puik werkende toestand. Die leer tassie is ook in 'n goeie toestand.
Vervaardig
Film
120
Lens
Agfa Apotar 1:4,5 fokusbaar.
Sluiter
Agfa Compur-Rapid
Oorspronklike prys
|
 |
|
Zeis Ikon Contina. Hierdie is werklik 'n
lieflike kamera. Die fokus meganisme werk deur middel van die knop aan
die regterkant van die kamera. Die afstand word dan per hand op die lens
ingestel. Die knop aan die linkerkant dui die ASA aan. Onder aan die
kamera is die knop waarmee die film aangedraai en terug gespoel word asook die teller. Die teller kanselleer nie
outomaties nie maar word met die
hand gestel. Die kamera is baie swaar vir sy grootte.
Vervaardig
Film
35 mm
Lens
Carl Zeiss Tessar 1:4,5 f = 45 mm
Sluiter
Synchro-Compur B - 500
Oorspronklike prys
|
 |