|
|
|
|
Deur die jare was daar baie mense wat 'n groot aandeel gehad het in die verbetering van fotografiese prosesse en toerusting. Dit sal onregverdig wees om die een meer belangriker as die ander te ag. Volgens my het George Eastman egter die meeste gedoen om fotografie bereikbaar te maak vir die man in die straat. Ek is ook oortuig dat sonder sy insig die fotografiese prosesse soos ons dit vandag ken, dalk nie so puik sou gewees het nie. Uiteraard sal die lys van persone hierbo groei soos die tyd aanstap, dit is nie so maklik om besonderhede oor almal in die hande te kry nie, laat nog fotos. Indien iemand sou voel dat die lys aangevul moet word met die besonderhede van 'n spesifieke persoon is hy/sy welkom om die besonderhede vir my per e-pos te stuur vir moontlike plasing. Dit sal natuurlik ideaal wees as die lys meer Suid-Afrikaanse name kon bevat.
|
|
|